Wednesday, 11 August 2010

TransBaviaans 2010


More begin die groot trip...

Vertrek uit Jhb na die Oos-Kaap vir die 2010 TransBaviaans 24hr MTB
marathon. Ons span is die "Poen & Toekie en Bennie Express" vernoem na die
alom bekende RSG karakters.

Alles is gereed, gepak en reg vir die Mtb race van 'n leeftyd. Die kersie
op die koek is natuurlik dat ons kort daarna die Otter staproete ook doen,
net 'n dag om te rus tussen-in. So dis nie alleen die 230km van Willowmore
na Jeffreys nie, maar ook 5-dae van stap op waarskynlik die mooiste roete
in SA.

Dit beloof om groot pret te wees...

----------------------------------------------------------

Sunday, 08 August 2010

Mankele Mountain Biking


Mankele is 'n mountain bike park naby die Sundwala grotte in Mpumalanga. Dit is verserker 'n plek om te gaan besoek as jy 'n kranige mountain biker is. Daar is verskeie roetes met iets vir almal om van te kies. Great single-track sections en "bush-tunnels"!! Hull het ook verblyf in chalets, tented camps en gewone kampering. Hier is 'n paar foto's van Mankele.

Thursday, 15 April 2010

Sederberge - (Wes-Kaap)

Hier is 'n kort video klip van een van die gedeeltes van die roete van die Wolfberg-skeure, dit is werklik iets "amazing" en aan te beveel indien jy in daai rigting gaan. Onthou net om 'n streng dieet te volg voor jy gaan stap, party van die plekkies is maar lekker nou en klein om deur te klim.

Tuesday, 30 March 2010


Padkos!!

Sederberge - Wes-Kaap











Ons was vir 'n paar dae in die Sederberge, hier het ons die Stadsaal grotte besoek, die Maltese-kruis roete gestap en deur die Wolfberg-skeure geklim. Hier is 'n paar foto's van die Sederberge, beslis 'n plek om te gaan besoek!